Wêreld snak na asem nadat ’n naakvideo van Grey's Anatomy-ster gelek word

akkreditasie
Hy was dalk nie McDreamy óf McSteamy in ‘Grey’s Anatomy’ nie, maar Jesse Williams (40), wat bekend is as dr. Jackson Avery in dié trefferreeks, se naam is nou op almal se lippe.

PARIS, FRANCE - JANUARY 20: (EDITORS NOTE: This im
Die akteur Jesse Wiliams se naakvideo word wyd op sosialemediaplatforms gedeel. Foto: Getty Images/Gallo Images

Jesse het dié week vir groot konsternasie gesorg en aanhangers na sosialemediaplatforms laat stroom nadat iemand ’n naakvideo van die akteur op sosiale media gedeel het. 

Jesse is tans te sien in die Broadway-produksie Take Me Out, waarin hy ’n gay bofbalspeler speel. In een van die tonele verskyn hy kaal in ’n stort. 

Jesse Wiliams
Jesse is nou op Broadway te sien. Foto: Getty Images/Gallo Images

Hoewel daar van teatergangers verwag word om hul selfone voor die vertoning te laat toesluit, het iemand daarin geslaag om ’n video van dié toneel te skiet én dit boonop onwettig te versprei. 

Hoewel Jesse die Grey’s Anatomy-reeks verlede jaar ná seisoen 17 verlaat het, is sy karakter, dr. Jackson Avery, se naam nou skielik weer op almal se lippe.  

LOS ANGELES, CA - OCTOBER 14: Jesse Williams arri
Jesse was byna 17 jaar lank in ‘Grey's Anatomy’ te sien. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die akteur se naakvideo is so wyd versprei dat die teater moes ingryp met ’n streng verklaring, maar dít het nie regtig gehelp nie en die video en skermgrepe word steeds gedeel. 

Die Second Stage Theater in New York, waar Take Me Out opgevoer word, het Dinsdag in ’n verklaring gesê wat gebeur het, is onaanvaarbaar. 

Jesse Williams
Jesse as Jackson Avery in ‘Grey's Anatomy’. Foto: Alamy

“Second Stage Theater het daaraan gewerk om privaatheid vir Take Me Out te verseker deur te sorg dat selfone toegesluit word wanneer die produksie aan die gang is. Ons is verskriklik geskok dat hierdie beleid verbreek is deur beeldmateriaal sonder toestemming te neem en dit op sosiale media te plaas.”

Die teater sê dit is vir hulle hartseer dat iemand wat die teaterstuk bygewoon het, gekies het om hul reëls te oortree en sodoende mede-teatergangers en die produksiespan se privaatheid te skend. 

WEST HOLLYWOOD, CALIFORNIA - NOVEMBER 18: Jesse Wi
Jesse het nie kommentaar oor die gelekte video of skermgrepe gelewer nie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die teater sê hy werk daaraan om die beeldmateriaal en skermgrepe van die internet te laat verwyder, maar teen Donderdagmiddag was daar nog vrylik video’s en foto’s van Jesse op Twitter te sien. 

Jesse het nie self oor die verspreiding van die naakfoto's en video's gepraat nie, maar hy het wel Maandag tydens die Watch What Happens Live! After Show oor sy lyf gepraat. 

HOLLYWOOD, CA - SEPTEMBER 19: Honoree Jesse Willi
Jesse en Ellen Pompeo. Foto: Getty Images/Gallo Images

“Dit is ’n liggaam. Wanneer jy dit gesien het, besef jy dis net ’n liggaam. Ek moet net nie ’n groot ding daarvan maak nie,” het Jesse aan die program se aanbieder, Andy Cohen, gesê.

Jesse was nie te veel gepla dat van sy Grey’s Anatomy-medesterre hom kaal gesien het nie. 

Ellen Pompeo, wat dr. Meredith Grey speel, en Debbie Allen wat die rol van Jesse se ma, dr. Catherine Fox, in die reeks vertolk, was in die gehoor. 

“Ek was nie senuweeagtig vir hulle om my te sien nie. Ek het nie geweet Ellen of Debbie kom nie. Maar ek het nou al geleer dat ’n mens liewers nie sulke dinge wil weet nie,” het hy gesê. 

LOS ANGELES, CA - JANUARY 09: Actors Ellen Pompeo
Ellen sê sy moes haar vriend gaan ondersteun, al was hy kaal op die verhoog. Foto: Getty Images/Gallo Images

Ellen het voor die vertoning gesê dat sy haar vriend moet gaan ondersteun, of hy nou kaal is of nie. 

“Jesse maak gereed om op Broadway te verskyn. Hy gaan kaal op die verhoog moet wees. Ek en Debbie het gesels, en ons het besluit om New York toe te gaan wanneer die toneelstuk op die planke is.”

Debbie het aanvanklik gesukkel met die idee. “Ek het gesê: Ek kan nie vir Jesse kaal op die verhoog sien nie.”

BEVERLY HILLS, CA - OCTOBER 15: Actors Debbie All
Jesse en Debbie Allen. Foto: Getty Images/Gallo Images

Maar Ellen was vasbeslote om haar vriend te gaan ondersteun. 

“En jy weet vir Debbie . . . Dis soos haar seun. En hy speel immers haar seun in die reeks ook. Ek het half gevra: Wat gaan ons doen? Hoe gaan ons hierdie stuk kyk?”

BEVERLY HILLS, CA - OCTOBER 15: Actress Debbie Al
Jesse is soos ’n seun vir Debbie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Ellen sê hulle wou natuurlik goeie sitplekke hê, maar hulle wou ook nie só naby sit nie. 

“As hy kaal op die verhoog gaan wees, wil ons mos nou nie só naby sit nie. Ons het nogal ’n situasie gehad om uit te pluis.”  


Bronne: Cosmo, New York Post, Just Jared, NBC News, Twitter, Instagram, Watch What Happens Live

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in 

Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees