Melissa (20), ’n boorling van KwaZulu-Natal, is omtrent bedrywig. Ons het haar leer ken as die skoolmeisie Susan Vivier in die fliek Hoofmeisie (2011) en later as Chris en Kate se tweelingdogter, Katie, in die dramareeks Erfsondes.
Melissa het onlangs weer ’n draai op die groot skerm gemaak in die grapjas Leon Schuster se komedie Frank & Fearless.
“Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van Leon, en om in een van sy flieks te speel was ongelooflik,” vertel Melissa. Tussen haar eerstejaar-B.A.-studie in kreatiewe skryfwerk deur aan Unisa is sy ook ’n kranige vlogger!