Steve het immers net onlangs sy groot liefde, dr. Elana Bester (Ilne Nienaber), tragies aan die dood afgestaan en moet nou alleen twee kinders grootmaak.
Huisgenoot het by Roeline gaan aanklop om te hoor waaroor sy mag bieg.
“Ek sien Steve en Janneke se vriendskap het baie mense aan die gesels gehad. En baie mense het nie van Janneke gehou nie, want hulle voel dit is te vroeg vir Steve om met sy lewe aan te gaan," vertel Roeline.