book-icon Uitgawe 2 Desember 2021

‘Wyn vir die pyn’-ster op TikTok verdien duisende met sy grappe – wat is sy geheim?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wynand Kotze, komediant van die TikTok Wyn vir die pyn. Foto: ER Lombard/Gallo Images
Wynand Kotze, komediant van die TikTok Wyn vir die pyn. Foto: ER Lombard/Gallo Images

Dis nie net ’n glas wyn wat soms die regte doepa kan wees vir pyn nie. Soms help dit ook om vir ’n slag ’n bietjie te lag. Die sosialemedia-ster Wynand Kotze ken die geheim van lagmedisyne alte goed: Sy TikTok-blad is getiteld Wyn vir die pyn, en daagliks kyk honderde aanhangers sy video’s om ’n rukkie te lag.

Die plat-op-die-aarde 28-jarige met sy groen oë en die grys kamerjas waarin hy gereeld in sy video’s verskyn, spog met meer as 109 000 volgelinge op TikTok. Sy snaakse, en soms moedswillige, kwinkslae word wyd gedeel en meer as 1,3 miljoen aanhangers het sy video’s al ge-like.

Nou rol die rande ook vir dié voormalige dramastudent in, want danksy TikTok steek hy minstens R20 000 per maand in sy sak. Vir hom is dit nie meer net ’n platform vir vermaaklike inhoud nie; dit is ook ’n bron van inkomste.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

29 September 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in