Leerlinge wat nie verlede jaar hul matriekeksamen geslaag het nie of om ander redes nie eksamen kon skryf nie, het met dié eksamen ’n tweede kans om hul nasionale senior sertifikaat te verwerf.
Die eksamen begin op 9 Mei begin en eindig op 23 Junie.
Huisgenoot 100 matriekvrae bied ekstra hulp met hersieningswerk.
Wat is 'Huisgenoot 100 matriekvrae'?
Dit is ’n reeks aanlyn video’s wat dien as ekstra lesse oor matrieks se skoolwerk en bied bykomende studiehulp.
• Elke video bestaan uit ’n kort les. Dit behandel en verduidelik van die belangrike gedeeltes van die kurrikulum en moontlike vrae in die matriekeksamen.
• Onderwysers en tutors verduidelik die onderwerpe, vrae en antwoorde in die video’s.
• Foto’s, sketse en grafika word gebruik om die video’s toeganklik te maak.
• Elke video is ongeveer vyf minute lank.
Wie kan dit kyk?
Die video's is gratis beskikbaar op Huisgenoot se webtuiste. Besoek www.huisgenoot.com, klik op HG Junior en dan op 100 matriekvrae. Daar word ook dikwels nuwe video's bygewerk.
Bykomende bron: www.education.gov.za