Dis weer tyd vir leerders om met hul talent te kom pronk – tyd vir Huisgenoot Eisteddfod. Ná die sukses van ons eerste aanlyn eisteddfod verlede jaar bou ons vanjaar voort op hierdie spesiale viering van skoolleerders se liefde vir die kunste.
Verlede jaar se wenner, ons eerste Huisgenoot Eisteddfod-ster van die jaar, was die 13-jarige Luca Human van Durbanville. Sy het met ’n kontantprys van R10 000 weggestap.
Sewentien afdelingswenners het elk met ’n gesogte rooi merieteprys en ’n kontantprys van R1 500 elk weggestap, en al ons deelnemers kon met goud, silwer of brons spog.Vanjaar is daar weer spesiale sertifikate en groot pryse op die spel – en dis tyd om in te skryf.