Huisgenoot se 100 matriekvrae: Ons video’s wat gaan help met jou eindeksamen is nou gratis!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Huisgenoot het goeie nuus vir matrieks wat hard besig is met voorbereiding vir die eindeksamen wat op 27 Oktober begin.
Matriekvideos
Foto: Verskaf.

Met die Huisgenoot 100 matriekvrae-projek het Huisgenoot ’n reeks video’s geskep wat as bykomende studiehulp gebruik kan word wanneer matrieks vir die eksamen voorberei. Dié videoreeks is spesiaal ontwerp om moeilike konsepte en vrae waarmee leerders dikwels worstel, meer verstaanbaar te maak. 

En die goeie nuus? Die video’s is nou gratis beskikbaar vir matrieks wat besig is met hersiening!

Wat is Huisgenoot 100 matriekvrae?

Dit is ’n reeks video’s wat dien as ekstra lesse oor jou skoolwerk en bykomende studiehulp. Elke video bestaan uit ’n kort les. Dit behandel en verduidelik van die belangrike gedeeltes van die kurrikulum en moontlike vrae in die matriekeksamen. 

Onderwysers en tutors wat ook voorheen skoolgehou het, verduidelik die onderwerpe, vrae en antwoorde.

Foto’s en kleurvolle sketse word gebruik om die video’s toeganklik te maak. Elke video is ongeveer vyf minute lank. 

Watter vakke word behandel?

Volg dié stappe om die video’s te kyk

Stap 1: Besoek www.huisgenoot.com.

Stap 2: Bo-aan die webblad, op die navigasiebalk, klik op HG Junior

Stap 3: Klik nou op die knoppie wat sê 100 Matriekvrae. Hier sal jy al die verskillende vakke en hul beskikbare video’s kry.

Vat 'n blaaskans weg van die boeke!

Hoewel die matriekeksamen om die draai is, wink die grootmenswêreld reeds vir vanjaar se matrieks.

So vat ’n blaaskans weg van die boeke en kom kuier saam tydens die Huisgenoot My Matriek- aanlyn gesprek.

Kom kuier saam met Huisgenoot, die TikTok-ster Katinka die Kat, ’n leierskapskonsultant en beroepsvoorligter tydens ’n regstreekse aanlyn gesprek. 

Wat? Huisgenoot My Matriek

Wanneer? Woensdag 27 Oktober 2021

Hoe laat? 20:00

Klik hier om te registreer en op 27 Oktober om 20:00 by ons aan te sluit.

Kom neem deel aan ons gesprek waar ons gesels oor
Kom neem deel aan ons gesprek waar ons gesels oor die oorgang na die grootmenswêreld en die opwindende moontlikhede wat ná skool wag! Foto: Verskaf.

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees