Ons het Dove leer ken as die karakters Liv en Maddie in die gewilde Disney Channel-reeks Liv and Maddie. Sy het haar so goed van haar taak gekwyt dat sy in 2018 haar eerste Emmy-beeldjie gewen het vir dié einste rolle. Dove was ook al te sien as Mal in die Descendants-fliekreeks.
Deesdae laat sy mense regop sit met haar stem.
Die 26-jarige sangeres se onlangse liedjie “Boyfriend” het die een ná die ander trefferlys gehaal, en haar nuwe liedjie, “Breakfast”, is net so lekker op die oor.