Marlon het eendag met filters rondgespeel op TikTok toe hy op die “Funny Me”-filter afkom, wat jou lekker snaaks laat lyk. Hy was dadelik mal daaroor. “Ek dink dit was die manier hoe my oë en wange daarin gelyk het,” sê hy.
Dís hoe hy sy jonger, stouter broer geskep het wat nou in sy video’s pryk. Dié karakter het hom so bekend gemaak dat 1,3 miljoen mense hom nou op TikTok volg.
“Mense sê hulle verkies my eintlik met die filter op. Dis vir hulle oulik,” sê hy. Of dit nou ’n kompliment is, weet hy nie juis nie.