Hierdie is ’n droomrol, sê Ayden (23) oor sy nuutste karakter, Xander, in Arendsvlei.
“Hy is divers. Ek kan baie met hom speel en baie dinge met hom doen. Daar was wel klein uitdagings, want hy is soos ’n akteur binne ’n akteur, en mense gaan dit nog sien. Maar dis die lekker deel daarvan om Xander te speel,” sê Ayden, van Rustdal in die noorde van Kaapstad.
Hy wil nie te veel weggee nie, maar sy karakter gaan kykers “op ’n heel ander paadjie vat en niemand sal dit verwag nie. Ek dink nie mense gaan dit sien kom nie.”