Chrissy is dalk nog net 10 jaar oud, maar sy het al klaar drie liedjies uitgereik. Haar jongste een, “Beautiful Life”, is weer eens bewys dat dié meisie van Benoni nog een van Suid-Afrika se groot musieksterre kan word.
En waaroor gaan die liedjie?
“Dit gaan daaroor om positiewe dinge te kry om aan vas te hou wanneer dit rof gaan. In die lewe sal daar altyd negatiewe goed wees, maar daar is ook mooi dinge,” sê Chrissy.