As kind was Jenna ’n groot aanhanger van die gewilde Addams Family-flieks – en nou is sy deel van dié grilsnaakse, onsterflike gesin in Netflix se uitloperreeks Wednesday.
Soos die naam verklap, fokus die reeks op die Addams- dogter, en spesifiek haar tienerjare.
In die oorspronklike Addams Family-fliek (1991) is Wednesday deur Christina Ricci gespeel. “Elke keer as ons Wednesday gesien het, was sy vyf of 10 jaar oud,” sê Jenna Ortega (20). En nou klim sy in die Goth-skoene van ’n Wednesday in haar onstuimiger lewensfase.