Charlie se tweede album, Voicenotes, van 2018 was supergewild en het treffers soos “Attention” en “How Long” opgelewer. ’n Jaar later het hy liedjies van sy derde album begin uitreik, maar dit het glad nie goed gevaar nie. Die sanger Elton John het nie doekies omgedraai nie en sommer reguit gesê dit “suck”.
“Elton het vir my ’n boodskap gestuur en gesê hy wil saam met my werk, maar hy het gesê my 2019-musiek suig, en ek stem saam met hom. Dit was nie goed nie,” sê Charlie.
Die sanger het toe die hele album geskrap en oorbegin. En die lusmakers wat hy tot dusver uitgereik het, maak ons diep opgewonde.