Teen dié tyd het jy seker al êrens Nicky se jongste treffer, “Sunroof”, gehoor. Dis al meer as 176 miljoen keer op Spotify geluister, dis in 7,3 miljoen TikTok-video’s gebruik én het onlangs die no. 17-plek op die Billboard Hot 100-trefferlys in Amerika gehaal.
En dis maar net die tweede liedjie wat dié sanger van Kalifornië tot dusver uitgereik het. “Ek wou hê die liedjie moet aansteeklik wees en in jou kop vassteek wanneer jy aan iemand dink,” sê Nicky (22).
Wel, dit het hy beslis reggekry.