Huisgenoot het op 27 Oktober 'n kuberkuier spesiaal vir matrieks aangebied. Die gesprek het gegaan oor die oorgang van tiener na jong volwassene en hoe matrieks uitdagende toekomsbesluite sinvol kan aanpak.
Die TV-aanbieder en sosialemediaster Katinka Weyers, ook bekend as Katinka die Kat, het saam met die leierskapskonsultant Gielie Hoffmann en die loopbaanvoorligter prof. Zak Nel gesels oor die uitdagings wat matrieks moet oorkom en die opwindende geleenthede wat ná skool wag.
Kyk die opname van die gesprek om te hoor watter raad hulle vir matrieks en hul ouers het.