Die fliek Spider-Man: No Way Home het einde 2021 meer as R11 miljard by die loket verdien en word as dié jaar se suksesvolste fliek beskou.
In Suid-Afrika was sy 2019-voorganger, Spider-Man: Far from Home, een van die 10 flieks wat die meeste op Netflix gekyk is.
Spider-Man: No Way Home is Tom (25) se derde Spider-Man-fliek en is binnekort te sien op DStv se Box-Office. Die akteur gaan ook later vanjaar teenoor Mark Wahlberg in die fliek Uncharted te sien wees as die skattejagter Nathan Drake van die gelyknamige videospeletjie.