Die sangeres het onder meer vanjaar die liedjie “Gee my die woorde” saam met Karen Zoid uitgereik.
“So corny as wat dit klink, sal ’n perfekte Kersgeskenk net samesyn wees. Ek het lanklaas my hele familie in een vertrek gesien, so dit sal great wees om almal weer saam te hê.”
Die aktrise het vanjaar in die nuwe kykNET-storiefilm Monster in my kas verskyn.