Alex is nog net ’n paar jaar in die rolprentbedryf, maar was al in ’n hele paar plaaslike flieks te sien – van Die stropers in 2018 tot verlede jaar se Gaia. Meer onlangs was hy ’n jong pa, Ryno, in Suidooster.
Nou maak hy weer ’n draai op die kassie as die tiener Zac in die nuwe reeks Fraksie.
“Zac kom uit ’n skatryk familie. Hy ervaar baie druk van sy ouers om in akademie en sport te presteer,” sê Alex.