book-icon Uitgawe 11 Augustus 2022

Ontmoet Arendsvlei se Kyle Morkel wat TikTokkers laat skaterlag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kyle Morkel.
Kyle Morkel.

Kyle (20) is van Bredasdorp in die Wes-Kaap, maar woon deesdae in Kaapstad. Hy was al in die Netflix-­trefferreeks Blood & Water te sien, maar is veral bekend vir sy rol as die leerder Terrence Prinsloo in Arendsvlei. 

“Terrence is in matriek aan die ­Hoërskool Arendsvlei en sukkel om vriende te maak en hy word geboelie,” vertel Kyle. “Ek is ook op skool geboelie, so die karakter is baie na aan my hart. Mense hou van ­Terrence en dit maak my gelukkig.”

Terrence begin nou ál snaakser word, sê hy. Kyle geniet komedie en dis juis sy snaakse kant wat hom so gewild maak op TikTok nadat hy in 2018 by dié app aangesluit het. “Ek wys my persoonlikheid op my TikTok-profiel. Dis waar ek vry, loud en snaaks kan wees. Ek hou van mense laat lag en dit maak my dag om mense te sien glimlag. Komedie volg my waar ek gaan.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees