1. Javoris Hollingsworth en sy vrou, Arlene, van Houston, Texas, het tydens die pandemie opgemerk daar is baie min diverse aanlyn inhoud vir hul drie kinders. Hulle het toe in 2020 hul eie YouTube-kanaal, Gracie’s Corner, geskep wat geïnspireer is deur hul eie agtjarige dogter, Graceyn, oftewel Gracie. Die kanaal bied opvoedkundige, prettige liedjies wat kinders uit alle agtergronde kan geniet. En dis ’n reusesukses.
2. Vergeet vervelige agtergrondmusiek terwyl jy jou ABC leer of leer tel. Jy gaan sukkel om stil te sit wanneer Gracie en haar kliek begin dans op alles van reggae tot pop- en hip-hop-musiek.
3. Javoris en Arlene se dogter, Gracie, sing al die liedjies in die video’s en is die gesig van dié aanlyn animasiester. Hulle huur ’n vryskut-illustreerder om die beelde vir die video’s te skep.