Net ’n paar maande gelede was Steve Lacy nog ’n onbekende musikant wie se naam nie juis hier ’n klokkie gelui het nie. Maar sedert hy in Junie sy liedjie “Bad Habit” uitgereik het, duik dit oral op trefferlyste op.
Dit word ook derduisende kere op TikTok in video’s gebruik. Dié liedjie en sy tweede album, Gemini Rights, is ook onder die top-50-liedjies en top-50-albums wat die mees-te hier in Suid-Afrika op Spotify geluister word.
Diegene wat musiek ken, sê ’n mens moet dié Amerikaanse sanger dophou, want hy gaan die bedryf nog op horings neem.