Die soort behandeling wat siek mense verlang, hang soms af van hoe hulle die wêreld beskou. Dit behels soms ’n kwessie van die spirituele teenoor die wetenskaplike.
Iemand met ’n meer spirituele siening sal moontlik ’n meer holistiese (omvattende) benadering tot hul gesondheid volg omdat hulle meen alternatiewe of tradisionele geneeskunde die liggaam, verstand, gees en emosies almal saam behandel.
Hierteenoor sal ’n persoon wat wetenskapgesentreer is waarskynlik hul vertroue plaas in die mediese geneeskunde met sy tegnologiese vooruitgang.