book-icon Uitgawe 8 September 2022

Kom leer oor SA se beesrasse en watter nut dié beeste vir ons het

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boerdery in Suid-Afrika bestaan al eeue. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Boerdery in Suid-Afrika bestaan al eeue. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Boerdery in Suid-Afrika bestaan al eeue. Oorblyfsels van die eerste boeredorpies en krale is in die Hoëveld gevind, terwyl Suid-Afrika se eerste boere reeds in die Steentydperk by Mzonjani naby Durban gewasse gesaai het.Bees- en skaapboere het teen die 10de eeu in die breë riviervalleie tussen die Drakensberge en die see geboer. In die Suid-Kaap het die Khoi-Khoi ook met beeste en skape geboer, en beeste was ’n teken van rykdom.

Ná die koms van die Europeërs het die Khoi-Khoi met die setlaars ruilhandel gedryf. Beeste en skape is onder meer vir ko-perarmbande, krale en stukke yster geruil. Die setlaars het in hierdie tyd ook die diere wat hulle uit Europa gebring het, gekruis met die skape en beeste wat van die Khoi-Khoi geruil is. Daar is vandag nog beeste wat afstam van hierdie eerste veeboere se troppe, soos die rooi afrikaner met sy kenmerkende skof en die nguni, wat ook ’n goeie vleisbees inheems aan Afrika is.

Beeste was ook baie belangrik vir die Afrika-­boere en ’n simbool van rykdom. Daarom was die beeskraal in die middel van die nedersetting. Beeste is net doodgemaak gedurende godsdienstige feeste of wanneer koeie te oud was om kalwers te kry.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees