Makadamianeute (of net makadamias) kom van die makadamiaboom, wat inheems is aan die oostelike dele van Australië. Lank voor makadamias deur Europese ontdekkingsreisigers ontdek is, het Australiese inboorlinge die soet en voedsame neut, wat hulle “kindal kindal” genoem het, geëet.
In 1857 het die Duits-Australiese botanis Ferdinand von Mueller die plant makadamia genoem na sy vriend John Macadam – ’n Australiese chemikus wat die verbouing daarvan die eerste keer bevorder het.'
Walter Hill, die superintendent van die Brisbane Botaniese Tuin, het in 1858 gesien hoe ’n jong seun ’n neut van die makadamiaboom eet. Toe hy sien die seun kom niks oor nie, het hy self een probeer. Dit is die eerste aangetekende geval van ’n mens wat nie inheems is aan Australië nie wat ’n makadamianeut eet.