Dit klink dalk vreemd, maar het jy geweet ons kan met mekaar kommunikeer sonder om ’n enkele woord te praat?
Ons besef dit dalk self nie, maar ons gebruik deurentyd woordelose kommunikasie. Ons gesigsuitdrukkings en liggaamshouding kan aan ander mense onthul wat ons regtig dink en voel. Dit kan nuttig wees om te leer wat al die verskillende nieverbale seine (woordelose tekens) beteken.
Lyftaal is ’n soort nieverbale kommunikasie. Dit beteken dat ons pleks van woorde gedrag gebruik om te kommunikeer wat ons dink of voel. Hoewel ons nooit 100% seker kan wees wat iemand anders dink of voel nie, is daar tog leidrade wat ons kan help verstaan.