As jy ’n oomblik stilstaan en om jou kyk, sal jy waarskynlik baie dinge sien wat van glas gemaak is. Party daarvan is dalk deursigtig en laat lig deur – soos ruite, drinkglase en spieëls – en party is dalk kleurvol – soos vase of gebrandskil-derde glas. Glas is veelsydig danksy sy sterkte, deursigtigheid, weerstand teen hitte, chemikalieë en elektrisiteit, en sy vermoë om gevorm te word.
Maar anders as byvoorbeeld hout of klip kom glas nie natuurlik voor nie. Dit moet gemaak word. Die proses sluit ’n paar verrassende bestanddele in wat ’n ekstreme en fassinerende gedaantewisseling ondergaan om die glas te word wat ons oral om ons sien.
Silikasand is die hoofbestanddeel vir die maak van glas. Vir sand om as silika geklassifiseer te word, moet dit uit minstens 95% silikondioksied bestaan.