Kundiges
Vraag

29 Jan. 2021

MAN VERSTRIK IN WEB VAN ONTROUHEID
Ons is al meer as 25 jaar ge­troud, maar my man bly na iets soek. Hy is gereeld op afspraakwebtuistes wat eintlik geldmaakfoefies is. Hy betaal geld vir foto’s. Hy verseker my dat ek sy alles is en dat hy soos ’n hond voel omdat hy so simpel was. Ek vertrou hom nie meer nie. Dit lei tot ’n bakleiery, verwyte en geen seks nie. Ons is in ons 60’s. Ek weet nie of ek moet skei nie. Ek is al jare uit die arbeidsmark. Waarheen op dié ouderdom?
Antwoord 6 417 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

29 Jan. 2021

Om op jou ouderdom ’n nuwe koers in te slaan is moeilik maar haalbaar.
Tog is dit in die huidige omstandig­hede met groter werkloosheid weens die coronakrisis nog ingewikkelder as in die verlede.
Verhoudingsmaats wat hulle aan digitale ontrouheid skuldig maak, hoef geen spelbreker te wees nie, mits hulle bereid is om dit opreg te erken en met ’n berader of sielkundige se leiding hul gedrag te verander. Berading in sulke gevalle kan ’n geruime tyd duur, want die oorsaak vir die behoefte daaraan moet gevind en
behandel word.
Mettertyd sal julle as egpaar ook saam vir berading moet gaan om die kommunikasie tussen julle te herstel.
Dikwels moet ’n mens eers jou eie gevoelens van ontoereikendheid te bowe kom voor jy jou maat kalm met ’n voorstel kan nader dat julle vir berading moet gaan. Jy kan gerus wees in die wete dat jy of jou voorkoms niks met sy kompulsie te doen het om webtuistes met sulke foto’s te besoek nie. Daar is meestal veel dieperliggende oorsake hiervoor.
Jy kan hom wel leiding gee oor hoe om daarvan af te sien en so jou huwelik probeer red.
Die raadgewer, Huisgenoot, Media24 en enige van hul affiliale of geassosieerde eenhede aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, onkoste of skade van watter aard ookal wat direk of indirek mag volg weens die gebruik van die inligting wat in enige van die raadgewer se antwoorde verskaf word nie.
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees