Kundiges
Vraag

18 Nov. 2020

SY MEISIE BLAKER ALLES UIT
My meisie praat baie oor ons verhouding by haar familie, en ek voel hulle weet meer daarvan as wat nodig is. Daar is net geen filter nie. Nou raak dit vir my moeilik om na hul familiegesellig­hede te gaan. Ons gaan al ’n paar jaar lank uit. Wat moet ek doen?
Antwoord 4 288 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

18 Nov. 2020

Dit is moeilik om ander se siening van ’n verhouding te verander as daar eers ’n bepaalde indruk by hulle geskep is. Dit is daarom belangrik dat wanneer inligting oor ’n verhouding oorgedra word, dit met albei verhoudingsmaats se toestemming is. Dit is normaal om jou lief en leed met ander te wil deel, maar ’n gesonde balans is nodig met respek vir almal se privaatheid. Veral familielede kan maklik onnodige en vals gevolgtrekkings maak omdat hulle bevooroordeeld is.
Wanneer ’n verhoudingsdrama dalk al lankal by die twee geliefdes vergewe en vergete is, kan hul familielede nog een van die maats daarvoor verkwalik.
Iemand wat geneig is om te veel oor alles in haar lewe te deel, besef nie altyd wat die nagevolge daarvan kan wees nie. Dit sal dus wys wees om ’n openhartige gesprek met haar te voer oor waaroor sy nie mag gesels nie.
Twee van dié onderwerpe is beslis jul liefdeslewe en jou finansies.
As sy geen respek vir jou geheime het nie, moenie dit met haar deel nie.
As sy vergeet van die perke wat jy gestel het of hulle dalk doelbewus ignoreer en in jou teenwoordigheid te veel uitlap, sê gerus: “Dis nie iets wat ek wil hê jy moet bespreek nie.” Sy sal dalk vir jou kwaad word, maar gou agterkom dat jy jou voet neergesit het.
Die raadgewer, Huisgenoot, Media24 en enige van hul affiliale of geassosieerde eenhede aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, onkoste of skade van watter aard ookal wat direk of indirek mag volg weens die gebruik van die inligting wat in enige van die raadgewer se antwoorde verskaf word nie.
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees