Kundiges
Vraag

22 Nov. 2019

VERLORE FOONNOMMER, VERLORE KANS
Ek het die selfoonnommer verloor van ’n seun by ons kerk van wie ek hou. Nou wil hy dit nie weer vir my gee nie, want hy sê almal praat oor ons en dis my skuld. Sy maats wil dit ook nie vir my gee nie. Ek het regtig niks vir enig­iemand oor ons vertel nie. Hy was vanjaar in matriek en ek sal hom dalk nie meer sien nie. Ek is bang hy en sy maats dink nou sleg van my en ek wil net dinge regmaak.
Antwoord 2 128 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

22 Nov. 2019

Soms wonder en droom ’n mens juis oor iets wat kon gewees het en soek dan die fout by jouself. Maar as hy gretig was om jou beter te leer ken, sou hy weer sy selfoonnommer vir jou gegee het. Hy sou hom ook nie so maklik deur ander se praatjies laat afskrik het nie.

As jy nogtans vrede wil maak en af­sluiting kry, skryf ’n kort boodskap in ’n kaartjie. Verduidelik dat jy net enige misverstand wil regstel oor die dinge wat hy gehoor het.

Moenie te veel verduidelik en te veel verskoning vra nie. Moet ook nie desperaat of afhanklik van sy goedkeuring klink nie. Wens hom die beste toe vir die toekoms. Sluit af met jou naam en selfoonnommer.

Gee die kaartjie vir een van sy maats om vir hom te gee. As hy jou dan wil bel, is dit goed en wel. So nie is daar baie ander visse in die see. En moet volgende keer nie eens vir jou beste vriendin vertel wat alles tussen jou en ’n ou gebeur van wie jy hou nie.
Die raadgewer, Huisgenoot, Media24 en enige van hul affiliale of geassosieerde eenhede aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, onkoste of skade van watter aard ookal wat direk of indirek mag volg weens die gebruik van die inligting wat in enige van die raadgewer se antwoorde verskaf word nie.
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees