Vraag: 50 SKAKERINGS VAN GEBORGENHEID
Elke keer wanneer dinge warm raak tussen my en my maat, vries ek. Dis dan asof ek niks kan doen nie. Daarna voel ek skaam, skuldig en sleg.

Ek begin ál meer dink seks is nie vir my bedoel nie, of hoe dink jy?
Deur: Soek raad12 September 2018 4000 keer gelees
Antwoord
Daar is min goed so sexy soos om veilig in ’n verhouding en by jou geliefde te voel.

 ’n Vrou wat veilig in ’n verhouding voel, verloor makliker haar vrese en selfopgelegde beperkings ten opsigte van die liefdespel as iemand wat onveilig, ongemaklik en bedreig voel.

 Vra jouself dus af: wat in jul verhouding of gedurende die liefdespel laat jou so onveilig voel dat jy nie jou sensuele kant vir jou geliefde kan wys nie? 

Die liefdespel is geen prestasiespeletjie waarin jy heeltyd gemeet word nie.

 As daar wel in jou verhouding sekere standaarde hieroor aan jou gestel word, is prestasie-angs dalk een van jou probleme. 

Weet jy wat jou geliefde van jou verwag?

 Jy stel dalk onrealistiese verwagtings aan jouself oor iets wat jy gelees of in rolprente gesien het.

 Dis ’n mite dat ons almal heeltyd hiperseksueel voel. Baie meer bemindes is seksueel teruggetrokke as wat jy dink. 

Veral in ’n nuwe verhouding of met ’n nuwe aspek van die liefdespel is ons dalk meer selfbewus as gewoonlik. 

Maar as dit voortduur, soos by jou, en dit pla jou, moet jy dit met jou maat bespreek. 

Die liefdespel moet ’n gemaksone wees waar jy en jou maat openlik en eerlik met mekaar kan gesels. 

Dis moeilik om die spel te speel wanneer julle iets vir mekaar wegsteek.

 Al moet jou brose seksuele ego (of dalk syne?) een of twee terugslae verduur, gaan dit help om oop kaarte met mekaar te speel. 

’n Gesonde liefdespel binne ’n innige verhouding is onmoontlik wanneer ’n stryd bewustelik of onbewustelik in die verhouding woed. 

Seks is geen gelukspakkie wat jy aangee in die hoop dat jou geliefde daarin sal vind wat hy soek nie.

 Hoe beter die kommunikasie in jul verhouding, hoe beter sal jul liefdespel wees. 

In ’n verhouding vol liefde, respek en deernis met mekaar mag geliefdes ook vir mekaar seks weier sonder dat dit die einde van die wêreld beteken. Maar dit moet nooit as straf gedoen word nie.

 Hierdie vryheid maak bedmaats gemakliker met mekaar en keer dat seks ’n plig word. 

Wanneer net een maat al die voorskrifte oor die liefdespel bepaal, kan dit die ander bedmaat so intimideer dat sy nie kans sien om hom teë te gaan nie. 

Dit kan ’n wrok by albei laat opbou.

 Die ideaal is om mekaar se behoeftes ten opsigte van die liefdespel te ken en voorop te stel.
12 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
30 Mei 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
'n Dromer wat saam met jou wil droom.
'n Dromer wat saam met jou wil droom.
Ek is 'n persoon wat weet wat ek in die lewe wil hê. Het baie liefde om te gee. Soek 'n opregte vriendin en of metgesel om die lewe mee te deel. Ek hou van die...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE