Vraag: AANGETROUDE FAMILIE SWYG OOR PILLE EN DRANK
’n Familielid is aan pynpille en kalmeermiddels verslaaf. Haar gesinslede weet daarvan, maar gee voor dis niks.

Sy gebruik nievoorskrif-pynpille en hulle koop selfs vir haar daarvan. Iemand verskaf ook wederregtelik kalmeermiddels aan haar en sy gebruik dit saam met drank. 

Selfs die uitgebreide familie is daarvan bewus, maar niemand sê iets nie. Die probleem is hulle is ’n hegte gesin; ek is die buitestander (aangetroude familie). Doen ek iets, sal hulle my verwyt. 

Ek is bang vir wat kan gebeur, want dit kan konflik veroorsaak. Maar sy moet gehelp word.
Deur: YGN op RR11 September 2018 3191 keer gelees
Antwoord
Jy is nie die soort mens wat van die probleem kan wegstap nie. Daar is ook geen manier om die saak te besleg sonder om iewers konflik te veroorsaak nie.

Jou familielid het dringend hulp nodig.

Met dié soort dubbele verslawing neem gesinslede nie die gevolge vir haar gesondheid, soos nier- en lewerversaking, in ag nie. 

Hulle volg dikwels uit onkunde die maklike uitweg, maar ook omdat die verslaafde emosionele probleme het wat hulle nie wil takel nie. 

Dis ’n misdaad om voorskrifmedisyne sonder ’n voorskrif aan ’n pasiënt uit te reik. 'n Klag behoort teen die skuldige ingedien te word, want jou familielid is moontlik nie die enigste een wat hieronder ly nie.

Bespreek die saak vertroulik met die toesighouer waar die misdaad plaasvind. Vind ook by jou eie geneesheer nog oor verslawing uit sodat jy die res van jou familie oor die gevolge van hul optrede kan inlig en julle die probleem met mediese leiding kan oplos. 

*Kontak die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad teen Alkoholisme en Dwelmafhanklikheid by 021-919-9558 vir nog inligting.

20 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
3 Desember 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Iemand om my lewe te deel
Iemand om my lewe te deel
Ek is spontaan ,vriendelik, vrygewig, met n sagte hart wat graag my lewe met iemand wil deel wat ook alleen is ,en die lewe wil geniet en iemand om mee als te deel
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE