Vraag: COVID-19: EK WIL ANDER WAARSKU
Ek was in die hospitaal met covid-19 en het baie mense om my sien sterf, oud en jonk. Party kon ’n video-oproep maak om te groet voor hulle gaan, ander nie. Ek het oor alles en almal gehuil en angsaanvalle gehad. Ek wil net hoor of jy weet hoe kan ons mense kry om meer verantwoordelik te wees, want dit maak my so moedeloos dat mense nie verstaan dat hulle volgende kan wees nie, en ek wens niemand dit toe nie. Die gesondheidswerkers is ook moeg en uitgebrand. Ek is so jammer vir hulle. Dis of mense nie wil luister nie.
Deur: V op K18 Januarie 2021 1945 keer gelees
Antwoord
Mense met ervaring van covid-19 en hul geliefdes moenie ophou om hul verhale te deel nie sodat dié wat uit onkunde nog nie by die protokolle hou nie, die erns van die situasie kan besef. Covid-19-voosheid het by vele ingetree omdat die boodskappe daaroor nou al so lank in die media oorgedra word en nie werklik meer ingang vind nie. Wanneer mense wat hulle ken en vertrou van hul eie ervaring vertel, kan dit ander motiveer om hul gedrag te verander.
Vra ’n paar vriende om saam met jou ’n projek aan te pak om vir die gesondheidswerkers wat jou gehelp het troospakkies te maak met ’n bederfie of twee plus noodsaaklikhede soos ’n ekstra masker, saniteerder en seep. Gebruik die geleentheid om met jou oproep om hulp ook per e-pos of WhatsApp  van jou eie ervaring te vertel. Vra jou vriende om finansieel by te dra sodat jy noodsaaklikhede aanlyn vir die troospakkies kan bestel. Hou jou projek hanteerbaar sodat jy daarvoor sal kans sien.
18 Januarie 2021
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
4 Maart 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Lojaal en eerlike man
Lojaal en eerlike man
Rustige persoon wat hou van rondry, shows bywoon, redelik genoeg gekamp en 4x4 trips gedoen. Geniet om te fliek en uit te eet.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE