Vraag: DOBBEL STEEL HAAR GELUK
Ek en my man is vier jaar getroud en het ’n seun en dogter. My man steel van my om aanlyn te dobbel.

Dis ’n verslawing, maar op my troudag het ek niks hiervan geweet nie. Wanneer hy wen, is my man in ’n goeie bui, maar wanneer hy verloor, is hy in ’n slegte bui.

Ek is moeg daarvan om te hoor ek is die rede hoekom hy dobbel, want ek kla glo so baie. Sy ma gee hom geld om mee te dobbel.

Wat moet ek doen?
Deur: RP op K14 September 2018 2927 keer gelees
Antwoord
Kry jou lewe terug en beskerm jou kinders en jou beursie deur ’n ultimatum te stel: soek hulp of ek loop. 

Moenie net dreig om te loop nie; doen dit ’n slag. Vandag is nie gou genoeg nie. 

Dobbelaars wat verhoudings opoffer omdat hulle keer op keer die sensasie van wen wil beleef, is selfsugtig en gee nie werklik later meer om wie die rekeninge gaan betaal nie.

Dit is ook stresvol om met iemand saam te leef wie se buie van sy aanlyn ervarings afhang. 

As hy dit doen omdat hy verveeld is, laat hom groter verantwoordelikheid vir die kinders aanvaar. 

Aanlyn geesdriftiges kort ’n stewige dosis van die werklikheid. Moet hom nie uit geldelike moeilikheid help nie. 

Maak seker jy verander gereeld jou bankkaarte se PIN. As jy ’n kredietkaart het, stop dit vandag nog. 

Moenie enige inligting oor jou eie banksake binne sy bereik hou nie, en moenie inligting hieroor op e-pos of SMS bêre waar hy dit kan kry nie.

Berading is goeie raad, maar as hy nie dink hy het ’n probleem of dit nie wil erken nie, sal dit moeilik iets kan uitrig.

Jy is beslis meer werd as om getroud te bly met hierdie man wat na sy ma hardloop vir dobbelgeld. 

Dis ’n ongesonde situasie waaruit jou kinders niks gaan leer nie.

Kweek ’n nuwe perspektief hieroor, neem ’n besluit en weier om langer die skuld vir sy swakhede te aanvaar.
29 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
24 Oktober 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Deel jou lewe met my
Deel jou lewe met my
Ek is baie eerlik . opreg. sal geen derde persoon duld in ons verhouding nie. Ek weet hoe om a vrou goed te laat voel en hou daarvan om my maat te bederf.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE