Vraag: DONKER GEDAGTES PLA
Ek het ’n gesondheidsprobleem, maar ek neem pille daarvoor. Dit voel vir my of die lewe vir my te veel raak. Ek het al dikwels daaraan gedink om myself om die lewe te bring. Ek is getroud en het kinders en kleinkinders.
Deur: B, SMS18 Januarie 2021
2126 keer gelees
Antwoord
Chroniese pyn en voortdurende gesondheidsprobleme kan maklik tot diepliggende depressie lei en selfvernietigende gedagtes veroorsaak. Dis ’n ernstige situasie en nie een waarmee jy kan speel nie. Jy sal onmiddellik daarvan moet werk maak.
Vra jou huisdokter oor die newe-effekte van die medikasie wat jy vir jou gesondheidsprobleem gebruik. Speel oop kaarte met jou dokter en vra hulle oor berading en medikasie vir depressie.
Ook gedragsaanpassings kan die lewe vir jou makliker maak. Wanneer ’n mens voortdurend oorweldig voel, kry jy dikwels te min slaap. As jou gesondheidsprobleem dalk met pyn gepaardgaan, kan dit jou uit die slaap hou. Kort slapies gedurende die dag op gereelde tye kan die gevoel lang termyn help verlig.As jy meer take het as waarvoor jy kans sien, skryf hulle neer en kies dan drie wat voorkeur moet geniet. Vervang een plig wat jy kan uitstel, met iets wat jy graag wil doen. Op hierdie manier kan ’n mens deurlopend aan jou welstand werk.
As jy ’n sielkundige kan besoek, vra spesifiek raad oor hoe om jou gedagtegang te verander om negatiewe gedagtes te laat plek maak vir positiewe denke. Dit kan help om iets positiefs rondom jou kinders en kleinkinders te kies waarop jy wil fokus.
Rig dan jou gedagtes soos ’n flitslig in die donker daarop.
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
4 Maart 2021
Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
TEKEN INPasmaats

Soek n maat.
Ek dink ek is n goeie mense en gee ook baie om vir ander sal altyd help waar ek kan en die persoon moet my ook kan waardeer.
Besigtig profiel