Vraag: DRANK VERWOES HAAR GELUK
Ek is 42, my eks 43 en my minnaar 42. Ek en my eks het twee volwasse seuns. Ons was ’n hegte gesin en het genoeg geld gehad.

Ek en my man het saam gedrink. Nadat hy my geslaan het dat die bloed spat, is hy in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem. Toe loop ek ’n ou laerskoolvriend raak.

Nadat hy van sy vrou geskei het en ek van my man, het ons saam ingetrek. Ek het toe nog baie gedrink; daarom het hy later uitgetrek.

Ek kan hom nie vergeet nie, maar nou hoor ek hy hou hom met geselskapdames op. Sy vorige vroue het my teen hom gewaarsku.

Wat moet ek doen? My jongste kind is rebels en het ernstige konsentrasieprobleme.
Deur: Anonymous11 September 2018 3983 keer gelees
Antwoord
Die oplossing lê nie in die arms van ’n man nie. 

Oorkom jou drankprobleem, want eers dan kan jy goeie besluite oor jou toekoms neem. 

Jy het twee verhoudings en jou lewe verongeluk omdat jy jou na die bottel wend wanneer jy emosionele pyn verduur. Al uitweg is om nou eers halt te roep met alle verhoudings en aandag aan jouself en jou probleme te gee.

Alkoholisme knou ’n mens se algemene gesondheid. As jy wil aanhou werk en vir jouself moet sorg, sal ’n organisasie soos Alkoholiste Anoniem of die Christelike Afhanklikheidsdiens jou moet help.

Pleks daarvan om jou aandag op die verlede en verhoudings toe te spits, moet jy jou seun help sodat hy kan studeer en ’n kwalifikasie kan kry.

Kinders van alkoholiste het dikwels emosionele probleme en het baie steun nodig.
20 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
13 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Fantastiese Kok Wil jou lewe bietjie geur
Fantastiese Kok Wil jou lewe bietjie geur
Ek is ma net Ek, wat jy Sien is wat jy kry n Plein men's en plat op die aarde,
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE