Vraag: EKS SE MA WIL ROMANSE RED
’n Ruk gelede het ek ’n verhouding verbreek met ’n ou met wie ek ’n paar maande lank uitgegaan het. Hy is ’n regte mamma-se-seuntjie.

Ek is in my laat 20’s en hardwerkend. Sy ma werk saam met my en het al vantevore in ons sake in­gemeng. Ons is op goeie voet uitmekaar, maar daarna het sy ma besluit om almal by ons lewe te betrek.

Kollegas, familie en vriende vra heeltyd wanneer ons weer bymekaar gaan uitkom. Ek voel al ek wil wegloop.

Ek het intussen iemand nuuts ontmoet, maar dit is nog nie ’n geskikte tyd vir ons om ons verhouding bekend te maak nie
Deur: M op S08 Maart 2019 4166 keer gelees
Antwoord
’n Verhouding met ’n onvolwasse man wat van sy ma oorafhanklik is, stel uitsonderlike eise. Sy sal hom tot elke prys gelukkig wil hou.

As hy laat blyk het dat hy graag sy verhouding met jou wil hervat, sal sy haar bes doen om jou weer nader te trek.

Sulke ma’s probeer nie net hul seun se lewe beheer nie, maar ook dié van mense na aan hom.

Om dié rede sal dit nie help om grense vir haar optrede neer te lê nie. Sy dink dalk jy behoort gevlei te voel dat sy wel jul verhouding goedkeur en wil hê julle moet weer saam wees.

Wanneer kollegas, familielede en ander mense jou oor ’n moontlike versoening pols, sê julle is op goeie voet uitmekaar, maar jul verhouding is verby en jy het reeds met jou lewe aangegaan. Die boodskap sal dan wel sy ma se ore bereik.

As dit nie help nie, sal jy jou eks moet oorreed om self sy ma in te perk. Hy moet by haar tuisbring dat jul verhouding verby is.

Voer ’n gesprek met hom om seker te maak sy respekteer die grense wat jy stel.
08 Maart 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
2 April 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Kom ons geniet die laaste beste jare
Kom ons geniet die laaste beste jare
Geniet elke oomblik maak nie saak waar dit is nie want tyd is baie kosbaar ek is n hunting fishing farming mens hou baie van diepseehengel Soek n maat om lewe mee saam te geniet...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE