Vraag: EKS SE SPEELDING
Ek en my eks het soms seks as ons mekaar by ’n braai raakloop.

Onlangs by ’n braai het ek ’n vlek op my hemp gekry, hy het dit kom skoonmaak en toe is dit weer sulke tyd. Eintlik bedoel ons niks daarmee nie.

Ek kan hom net nie vergeet nie, al het hy al ’n ruk gelede uitgemaak.

Ek huil so baie hieroor, maar kan hom nie terugvat nie.

My vriende sê hy speel net met my. Maar geen ander verhouding werk vir my uit nie.

Moet ek hom probeer terugkry?
Deur: KL12 September 2018 15988 keer gelees
Antwoord
Seks buite ’n vaste verhouding is ’n risiko, al ken jy jou bedmaat hoe goed.

 Seks met jou eks is daarby ’n slegte idee. 

Seks is gemaak vir gelukkige en stabiele verhoudings waarin ’n langtermynverbintenis tussen twee mense bestaan wat vir mekaar lief is en mekaar innige geborgenheid bied. 

Liefde sonder sulke waarborge is nie ware liefde nie. 

Seks wat niks beteken nie, bestaan nie en hou die gevaar in dat dit jou hart kan breek, jou kwesbaar kan maak en misbruik laat voel.

 Dit kan jou ook met verskeie seksueel oordraagbare siektes opsaal. 

Jy klim nie net met een mens in die bed nie, maar ook met sy lewensgeskiedenis. 

Sulke terloopse seks kan misverstande oor jul gevoelens laat ontstaan en tot onvervulde verwagtinge en onnodige drama lei. 

Jy ry nou die emosionele wipplank van voortdurende opmaakseks in die hoop jy kan hom hiermee dalk in jou lewe terugkry.

 Seks is nie ’n stukkie aas wat jy uitgooi in die hoop om ’n vangs te maak nie. 

Jy stel jou oop vir hartseer as jy vir die krummels wag wat hy in jou rigting gooi.

 Jy is veel meer werd. Jy het steeds gevoelens vir hom, maar hy het beslis al met sy lewe aangegaan. 

Seks sonder enige verbintenis is vir hom ’n bonus. Vermy plekke en geleenthede waar hy dalk kan wees.

 Geniet dit ’n slag om enkellopend te wees en ontdek jou nuwe self ná jou verhouding met hom. 

Spel vir jouself uit wat jy werklik in ’n verhouding wil hê en wag geduldig.
12 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
5 Maart 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Met n goue maseerings hande wat ek het sal jy op wolke sweef van lekkerte
Met n goue maseerings hande wat ek het sal jy op wolke sweef van lekkerte
ek is vriendelik n mense mens, op my plek. open minded. fel geen oordeel gun almal hul plek in son en ek respekteer ander se siening. solank hul myne respekteer
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE