Vraag: ENKELMA SIEN UIT NA LEË NES
My kind skryf vanjaar matriek. Ek is lank reeds sonder ’n verhouding en het nou weer besef hoe eensaam ek nou al jare lank is. Ek is nooit met my kind se pa getroud nie, want ek het besef hy is nie die trousoort nie. Hy’s oorlede, maar sy familie is betrokke by ons. Ek was onlangs siek, maar herstel nou ná goeie behandeling. My kind weet nog nie wat hy wil doen nie. Ek is bang hy word een van daai kinders wat vir ewig by sy ouers woon.
Deur: L op M23 Oktober 2020 2139 keer gelees
Antwoord
Baie geluk! Net om met ’n kind in matriek deur die inperking te kom is reeds ’n prestasie. Boonop het jy ’n siekte oorwin. Jy het reeds talle uitdagings die hoof gebied en kan daaruit krag put.
Om die voorskootbande te knip sonder dat dit vervreemding meebring, is ’n kuns – veral as jy ’n enkelouer is. Ouerskap het geen vervaldatum nie. Oorafhanklikheid kan wel ongesiens tussen enkelouers en hul kinders ontstaan. Dis vir geen van die partye emosioneel gesond nie en kan ook vorentoe in romantiese verhoudings vir julle albei moeilikheid veroorsaak.
Die vryheid wat jy nastreef om jou eie lewe te lei, kan as ’n goeie voorbeeld vir hom dien. Dit kan hom bevry en sterker maak om ook sy lewe onafhanklik aan te pak.
Jy gaan ná die eindeksamen ’n openhartige gesprek met hom moet voer. As ’n ouer geen perke aan ’n kind stel nie, sal hulle waarskynlik nie gou die gemaksone van hul ouerhuis wil verlaat nie.
Betrek ook van die familielede by gesprekke oor sy toekoms. Hulle kan dalk nuwe perspektiewe bring.
Ondersoek saam met hom opsies vir sy toekoms, soos ’n brugjaar waarin hy sy voete vind. Daarmee bedoel ek nie ’n jaar van niks doen of los werkies nie, maar eerder tyd om doelgerig toekomsplanne te maak. Verskillende instansies bied lewenskeuseopleiding vir skoolverlaters aan.
Laat jou seun ook toetse ondergaan om sy belangstellingsveld te bepaal en bespreek beroepskeuses met ’n bedryfsielkundige.
23 Oktober 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
3 Desember 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Pasmaats
Pasmaats
Ek is opregte mens, eerlik en opreg. Hou nie van leuns nie. Ek reken ek het n goeie persoonlikheid. Ek het geen stokpertjies nie. Maar hou van sports. Ek is n omgee mens . Sal...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE