Vraag: GEEN HULP VAN EKSMAN
Ek is al langer as ’n jaar gelede geskei en het niks geld uit die skeisaak gekry nie. Ons was binne gemeenskap van goedere getroud.

Ek moes in sy vorige vrou en ’n eksverloofde se skadu lewe. Ek wil net R20 000 van hom hê, wat ek sal terugbetaal, sodat ek kan verhuis en ’n nuwe lewe kan begin.

Ek bly wel nog in ons ou huis, want die skeibrief bepaal ek en my seun kan hier bly solank ons wil.

Hoekom wil hy nie vir my geld leen nie? 
Deur: Anonymous14 September 2018 8848 keer gelees
Antwoord
Al wat jou eks jou skuld, is om die egskeidingsbevel na te kom. Is jy seker jou prokureur het vir al jou regte baklei?

Jou eks het geen verpligting meer teenoor jou nie. Jy het wel ’n verpligting teenoor jouself: om so gou moontlik heeltemal onafanklik te word. 

Dis moeilik, maar wees dankbaar jy en jou kind kan in die huis bly woon.

As jy trek, beland julle dalk in ’n kleiner huis in ’n swak buurt. 

Gebruik die bekende huis as basis om orent te kom en geld vir jou nuwe lewe te spaar.
29 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Mei 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Môre is n Geheim
Môre is n Geheim
Ek glo die belangrikste resep vir n suksesvolle huwelik, is nie alleen om die regte huweliksmaat te kies nie, maar om bo alles om die regte huweliksmaat te wees. Vandag wil ek...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE