Vraag: GEEN TROUDAG NÁ 20 JAAR SAAM
Ek is al amper twee dekades saam met ’n man wat my ná vele verlowings beloof het hy sal op ons oudag vir my sorg.

Ek het my blyplek, vriende en familie prysgegee om sy blyplek myne te maak. Ek was seker hy sou met my trou, maar nou is dit duidelik dit gaan nie gebeur nie. 

Hy het nou ook ernstig begin drink. Wanneer hy dronk is, dreig hy om my uit te gooi en my bates van my weg te neem. Ek is te moeg om weer van voor af te begin. Hy wil nie sy goed met my deel nie.

Ek was by ’n prokureur, maar sien nie kans vir die proses wat ek sal moet deurgaan om iets van hom te kry nie.

Ek voel ek gaan alles verloor as ek wegstap.
Deur: Anonymous11 September 2018 4974 keer gelees
Antwoord
Jy het al die opofferings gemaak toe jul liefde nog ’n kans gehad het, maar nou voel jy jy is aan jouself oorgelaat. 

As jy vorentoe ’n vervullender verhouding met hom wil hê, sal julle vir verhoudingsberading moet gaan en hy sal sy voortslepende drankprobleem moet oplos. 

Die lewe is moeilik en duur. Namate ons ouer word, het ons ál minder geleentheid om op ons oudag vir onsself te kan sorg.

Gesels gerus weer met jou prokureur en vind meer uit oor jou kans op sukses dat die hof ’n versoek van jou sal toestaan om geldelike steun van jou verloofde te kry of om vir bates vergoed te word wat jy tot die saamblyverhouding bygedra het.

Met hierdie inligting sal óf jy óf jou prokureur ’n gesprek met hom of sy prokureur kan voer. Dalk is hy nie van hierdie feite bewus nie. 

Met bemiddeling kan julle dalk ’n ooreenkoms bereik. Moenie tou opgooi nie. Jy is geregtig op wat jou toekom. 

’n Ring aan jou vinger is nie al waarborg teen ’n moeilike oudag nie. Steun op jou familie in hierdie proses en moenie toelaat dat hy jou van hulle vervreem nie.

Laat weet hoe dit gaan.
20 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
5 Augustus 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Ko. Ons skryf ons roman
Ko. Ons skryf ons roman
Kom ons skryf ons eie roman baie rustig en nog sportief hou van buitelewe natuur en goeie geselskap om te gesels en meer.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE