Vraag: GEMENGDE BOODSKAPPE
Ek was 24 jaar lank getroud en het een dogter. Ek en my man is geskei oor ’n ander vrou. Sy is getroud.

Sy het met sy hulp ’n interdik teen my probeer kry, kwansuis omdat ek privaat inligting van haar probeer bekom het.

Ek het die saak gewen. My gewese man kom eet nog elke aand hier by my.

Ek weet nie wat hy wil hê nie.
Deur: GH20 September 2018 3054 keer gelees
Antwoord
Hy was met die interdiksaak aan die ander vrou se kant. Dit wys hy is jou nie goedgesind nie en gebruik jou uit gewoonte soos ’n rusbank. 

Julle is klaar geskei, maar die band tussen julle is nog nie geknip nie. Hy gaan dit nie doen nie, want hy wil sy brood aan albei kante gebotter hê: 

Hy wil jou bord kos eet, ongetroud wees en ’n verhouding met ’n getroude vrou hê. 

Jy het nie hierdie selfsugtige lafaard in jou lewe nodig nie; jy verdien veel beter. 

Put krag uit die hof se uitspraak dat jy reg is en reeds deur hul optrede benadeel is. 

Jy kan dit nie langer ontken nie: Daar lê vir jou ’n veel beter toekoms sonder hom voor. 

Nooi iemand anders vir ’n lekker bord kos.
29 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
18 Julie 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
"ek soek ja jou"
"ek soek ja jou"
Ek is liefdevol, romanties, opreg en eerlik.'n Goeie luisteraar met n gesonde lewenstyl. Hou van die buite lewe en bosveld. Glo ek sal die vrou in my lewe werklik gelukkig maak.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE