Vraag: GETROUD MET VRIENDIN SE EKSMAN
Ek het met my beste vriendin se eksman getrou ’n paar jaar nadat hulle uitmekaar is. Hy was al tydens hul huwelik op my verlief, maar ek wou haar gevoelens in ag neem. Tydens my vorige huwelik het my eksman altyd met sy eksvrou flankeer.

My man se eks, my vriendin, stuur nou vir hom kaalfoto’s van haar op WhatsApp om geld vir haar en die kinders te kry. Hy ontken dat daar iets tussen hulle is.

Tog wil hy sy foon stukkend gooi wanneer ek daarvoor vra. Hy is nie meer liefdevol teenoor my nie en is baie weg vir werk.

Ek het met my eie onderneming begin. Ek wil gedurig sy versekering hê oor wat nou tussen ons gebeur. As ek hom verloor, wil ek nie meer leef nie.
Deur: R op T30 September 2019 7410 keer gelees
Antwoord
Baie geluk dat jy by al hierdie emosies kon verbykyk en jou eie onderneming kon begin. Jy sal nou dieselfde vasberadenheid moet inspan as jy ’n nuwe begin in jou huwelik wil maak.
Jou vorige huwelik is deur jou gewese man se eks opgebreek, en jy is dalk bang dat dié patroon gaan herhaal.

Jy gaan min vermag deur op jou man se selfoon te spioeneer. Wat ook al daarop gebeur, kan hy in elk geval maklik uitvee.

Jou eksvriendin het nie edele motiewe met kaalfoto’s wat sy aanstuur nie. Sy weet beslis dat haar eks se liefde vir jou een van die redes vir die verbrokkeling van haar huwelik met hom was en is berekend in haar optrede.

Jy gaan die kommunikasie tussen haar en jou man moet stopsit deur ’n openlike gesprek met haar te voer en duidelike riglyne neer te lê oor hoe sy met hom oor die kinders mag kommunikeer.

Vertel jou man van jou gesprek met haar en vra hom om haar WhatsApps te blokkeer.

As hulle agter jou rug hiermee voortgaan, moet jy besef hy skep ’n gevaarlike speletjie deur julle teen mekaar af te speel. Is dit die soort lewe wat jy wil hê of verdien?

Fokus deurgaans daarop om van jou onderneming ’n sukses te maak. Beweeg tree vir tree vorentoe tot jy goeie besluite oor die toekoms kan neem.
30 September 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
9 April 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Kom ons geniet die laaste beste jare
Kom ons geniet die laaste beste jare
Geniet elke oomblik maak nie saak waar dit is nie want tyd is baie kosbaar ek is n hunting fishing farming mens hou baie van diepseehengel Soek n maat om lewe mee saam te geniet...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE