Vraag: GROENOOGMONSTER VERNIETIG HUWELIK
Ons is in ons middeljare en al dekades lank getroud. Ons is mekaar se eerste liefdes. Ons het volwasse kinders en kleinkinders. My man beskuldig my nog altyd van rondslaap. Ek is al op geba­klei daaroor. Ek het ’n ruk lank gewerk en is toe ook daarvan beskuldig. Ek kuier nie rond by vriende nie en hou my met my huis besig. Hy bevraagteken selfs of hy die pa van ons kinders is. Dit voel of my hele lewe ’n klug is. As hy drink, is dit net erger. Is dit tyd dat ek uit die huwelik uitstap? 
Deur: Anonymous09 November 2020 7136 keer gelees
Antwoord
Wanneer jaloesie obsessief raak, kan dit ’n teken van ’n onder­liggende geestesgesondheidsprobleem soos persoonlikheidsteurings of angs wees. Maar net ’n beroepsmens soos ’n sielkundige of ’n psigiater kan so ’n diagnose maak.
Abnormale jaloesie deur voortdurende ondervraging, beskuldigings en wantroue oor so ’n lang tydperk dui op ’n onvermoë om gevoelens te bestuur.
Jy was lank die teiken van hierdie emosionele misbruik en dit kon diep letsels gelaat het. Dit is grotendeels weens al die onsekerheid en onvoorspelbaarheid wat jy moet verduur dat jou lewe vir jou soos ’n klug voel.
As jy of jul kinders hom kan oortuig om ’n sielkundige of psigiater te besoek, sal julle meer oor gedragsterapie en medikasie kan verneem en besluite daaroor kan neem.
Moet hom liewer nie voor ’n ultimatum stel nie. As jy meer selfgeldend optree, kan die pad vorentoe saam met so ’n mens onveilig wees.
Net jy sal weet of jy hom weer die voordeel van die twyfel kan gee. Jy sal net ingeligte besluite kan neem as jy self eers vir berading gaan. Raadpleeg liefs ’n vroulike terapeut om nog beskuldigings oor ontrouheid te vermy.
09 November 2020
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
5 Augustus 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Positive Mindset
Positive Mindset
Hardwerkend en trots wat ek doen. Alles wat gister gebeur het is verby. Uitdaging om more weer nuwe take te begin. Hou van gesels en natuurlik die buite lewe.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE