Vraag: HAAR LYF WIL NIE SAAMSPEEL NIE
Ek is duskant 50 jaar oud en altyd in die bui vir die liefdespel.

My grootste probleem is dat ek nog nooit ’n orgasme ervaar het nie. Kan jy my help om dit te verstaan?
Deur: L, SMS01 Februarie 2019 31564 keer gelees
Antwoord
Daar is ’n klein persentasie vroue soos jy wat nog nooit ’n orgasme gehad het nie. Die redes daarvoor is veelvuldig.

Dit kan fisiologies wees, soos dat jy medikasie soos antidepressante gebruik, diabetes het of ’n histerektomie ondergaan het. 

Daar kan ook sielkundige redes daarvoor wees soos as iemand die slagoffer van seksuele misbruik was of ’n swak selfbeeld het. 

Onopgeloste kwessies in die verhouding met jou maat, soos bitterheid of wrokke, kan ook ’n rol speel. Sulke fak­tore of ’n kombinasie daarvan kan daartoe lei dat jy seksueel gefrustreerd, gespanne en prikkelbaar is.

Wanneer hartstogtelike minnaars mekaar se behoeftes ken, veilig in ’n verhouding voel, oor niks in hul seksuele verlede skuldig voel nie en bedrewe met die voorspel is, is die kans op vervulling betreklik goed. 

Voeg hierby ’n voorliefde om met albei se instemming agter toe deure met die liefdespel te eksperimenteer en genoeg vertroue in mekaar om weerloos tussen die lakens te wees, en jy het ’n resep vir ekstase.

Gaan na jou huisdokter vir ’n deeglike ondersoek om vas te stel of daar enige mediese redes vir jou onvervuldheid is. Indien nodig sal jou dokter jou na ’n ginekoloog vir behandeling verwys of na ’n sielkundige of seksterapeut vir terapie. 

As jy in ’n vaste verhouding is, sal berading vir jou en jou maat as ’n paartjie ook ’n verskil kan maak.
01 Februarie 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
25 Februarie 2021 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Opsoek na n ware vriendin moet die oog op n verhouding.
Opsoek na n ware vriendin moet die oog op n verhouding.
Ek dink ek kan werklik vir iemand n aanwins wees en ons kan mekaar aanvul in die lewe. Baie liefdevol mens. Gee oom vir almal. Lang stappe langs die strand.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE