Vraag: HUMEURIG IN SEKERE MOEILIKE SITUASIES
My humeur kan dit nie meer hou met slegte diens en powere diensverskaffers nie. Ek ervaar dat ek my reeds vooraf opwerk.

Ek kan skaars ’n vriendelike woord uitkry in die bank en hospitale, waar ek gereeld is, veral as ek moet wag.

Wat moet ek doen? Dis werklik sleg vir my gesondheid.
Deur: AS, SMS04 Oktober 2018 2956 keer gelees
Antwoord
As ’n mens voorbereid na dié soort plekke kan gaan, met die regte papierwerk georganiseer en in plek, help dit jou om jou argumente te formuleer en te staaf. 

Hou afsonderlike vouers op jou rekenaar of in jou tuiskantoor waarin jy sulke dokumente kan aanhou. 

Neem vir die wis en die onwis altyd gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument en bewys van adres saam. 

Hou ’n bottel water byderhand en neem gereeld ’n slukkie daarvan, veral ook tydens jou gesprek. 

As jy voel jy gaan iets kwytraak wat maar eerder kon gebly het, haal diep asem, tel tot by 10 en bly steeds stil. 

Neem altyd iets saam waarmee jy jou kan besig hou sodat jy nie voel jy mors jou tyd nie. Neem byvoorbeeld jou handwerk saam as jy lief is om te brei of hekel of 'n boek as jy graag lees. 

Jy kan selfs ’n sudokuraaisel of blokraai voltooi terwyl jy wag. En onthou om nie jou frustrasie in die sosiale media te deel nie. 

Sterkte.
21 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
25 Julie 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Eks reg vir vriedsap
Eks reg vir vriedsap
Ek is n baie gemaklike mens en gun elkeen n plekie in die son. Hardwerkend self versorgd . Eerlikheid is n goeie begin punt.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE