Vraag: HUWELIKSMAAT OF KAMERMAAT?
Ek en my man is al langer as 20 jaar getroud en het drie kinders. My man en my skoonsuster het ’n verhouding gehad.

Hy het my vergifnis gevra en ek het hom vergewe. Ek het eers gedink dit was net ’n paar maande, maar dit was ’n verhouding wat ses jaar geduur het.

Ek dink hy wou my terugkry, want ek het om die verkeerde redes met hom getrou.

Ek was op ’n ander man verlief en het gehoop hy sou wys hy het my lief deur my troue te stop, maar dit het toe nie gebeur nie.

My man weet daarvan. My probleem is hy wil nie meer met my liefde maak nie. Ek begeer om bemin te word.

Ek het ’n goeie man, want hy slaan of vloek my nie. Dit voel of ons net goeie vriende is.

Ek het al 25 kg verloor, maar alles is nog dieselfde.
Deur: Hoe nou?12 September 2018 4112 keer gelees
Antwoord
Laat ons eers een ding duidelik stel: Jy het nie ’n goeie man nie. 

Wees realisties: Hy het jou langer as ses jaar met jou broer se vrou verkul. Dit is oneerlik, lafhartig en onaanvaarbaar.

 Niks wat hy doen, kan hierdie gedrag verskoon nie. Dat hy jou nie vloek of slaan nie, is ’n voorvereiste vir ’n huwelik. 

Hy bewys jou geen guns nie; dit is jou reg as huweliksmaat. Nes jy om die verkeerde redes met hom getrou het, bly jy dalk nou ook om die verkeerde redes by hom. 

Twintig jaar is lank vir ’n verhouding. Jy kon dalk deur die jare opreg lief vir hom geword het en hy was dalk in ’n stadium opreg lief vir jou, maar die oorspronklike speletjies wat jy gespeel het, het sy liefde laat verander.

 Die saadjies wat ons vroeg in ’n huwelik saai, bepaal later die oes.

 Verwerping laat ’n huweliksmaat dikwels soos ’n gevangene in ’n huwelik voel. Dit word die dryfkrag om weg te breek. 

Of jy in ’n huwelik sonder liefdespel wil bly of daarvan wil wegstap, hang af van wat in die res van jou huwelik gebeur. 

Het julle veel aanklank op ander gebiede?

 Hoe weet ’n mens jou huwelik is verby? 

Vir party is dit wanneer daar nie meer innigheid is wat tot intimiteit in die slaapkamer lei nie.

 Hierdie innigheid word uit vertroue gebore. 

Bestaan dit tussen julle? Jy is nog jonk en begeer liefde en al die bonusse daarvan. 

Besluit nou of dit goed genoeg vir jou sal wees om ’n kamermaat of ’n huweliksmaat vir die res van jou lewe te hê.

12 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
30 Januarie 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Is there love and adventure?
Is there love and adventure?
I am an easy going person, but also a bit of a loud introvert. I can and large groups but sometimes I need some alone time. I am comfortable in the city or in the veld. I enjoy...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE