Vraag: HY DRINK ALLEEN; SY VOEL ALLEEN
My man drink alleen en sluk die wodka skoon af, ook soggens by die werk. Ons het hewige rusies daaroor.

Dis ons albei se tweede huwelik, en ons het geen kinders meer in die huis nie.

Hy weier volstrek om in ’n kliniek opgeneem te word. Sy onderneming is van so ’n aard dat hy nie daarvan kan wegbly nie.

Ek sit elke aand alleen, want hy gaan skemertyd al slaap. Ek is lief vir hom, maar ek raak nou ál meer ­geïrriteer en ongeduldig met hom.

Ek hou nie van hom wanneer hy besope is nie. Ek moet nou al antidepressante gebruik net om elke dag te kan hanteer.
Deur: K op G11 Februarie 2019 4001 keer gelees
Antwoord
Jy kan net iemand help as dié gehelp wil word. Jou man se probleem is nie net alkoholisme nie, maar ook ontkenning.

’n Besoek aan ’n huisdokter laat soms ’n alkoholis se oë oopgaan wanneer hy sien hy is op pad na lewerversaking, breinskade, maagsere, abnormale bloeding en vitamientekorte. Hoe gaan dit dán sy onderneming raak?

Vele rehabilitasiegeriewe het ’n buitepasiënte-eenheid waar hy ontgif kan word en ’n korter kursus van 21 tot 30 dae volg. 

Bel Sanca op 011-482-1070 vir ’n ­aanbeveling oor so ’n gerief in jul omgewing. 

Jou alleenheid in hierdie huwelik benadeel reeds jou eie gesondheid. Vir berading en steun kan jy gerus Al-Anon op 086-143-5722 bel. 

Dié organisasie bied gratis hulp aan die gesinne van alkoholiste. Daar is enkele gevalle waar ’n familielid wat ’n plan maak met haar omstandighede juis as ’n goeie voorbeeld vir die alkoholis gedien het.

Dit sal goed wees as jy van jul kinders kan saamneem as hulle ’n behoefte daaraan het.
11 Februarie 2019
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
31 Januarie 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Ek soek ware liefde
Ek soek ware liefde
Ek is n rustige persoon. Hou van die buite lewe en die natuur. stokpertjie is hengel en houtwerk. hou van fliek en uit eet. Wil graag weer gelukkig wees en aan iemand behoort.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE