Vraag: IN DIE KOL OF NIE?
Ek het gelees vroue het ’n plek wat hulle tydens die liefdespel gelukkig maak as hul liefdesmaat dit kan vind.

My vrou is my skooltydliefling. Ek is nie juis ervare nie.

Dit is vir my moeilik om met haar daaroor te praat, maar ek wil haar graag gelukkig maak in die bed.
Deur: HJ op KL12 September 2018 6065 keer gelees
Antwoord
Die soektog na jou liefdesmaat se erotiese sones is anders as om volgens ’n handleiding toorknoppies op die afstandbeheerder te vind. 

Tog is dit goed dat jy jou vrou se seksualiteit beter wil leer verstaan. 

Daar is wel ’n gedeelte, bekend as die G-kol, in die vagina wat intense seksuele gevoelens ontlok. 

Maar onthou, die reis daarheen is altyd belangriker as die bestemming.

 Vertroeteling en om haar veilig in jul verhouding te laat voel, is deel daarvan. 

As jou vrou jou nie daarheen kan lei nie, maak dit die ontdekkingstog van jul huwelikslewe!
12 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
22 Augustus 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Mens het net een lewe en een kans op geluk
Mens het net een lewe en een kans op geluk
Ek is n omgee mens. Altyd bereid om ander te help. Wat jy sien is wat en wie ek is. Ek is rustig oor die lewe en vat elke dag soos dit kom. Ek jou van see, laeveld Wildtuin....
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE