Vraag: IS SKEI SONDE?
Ek is al 39 jaar getroud. My man maak dit vir my onmoontlik om by hom te bly. Hy rook, drink en kraak my af.

Ons het al vyf jaar lank geen intieme verhouding nie, maar hy wil geen hulp kry nie.

Ek werk hard in ons onderneming, maar kry geen waardering nie. Dis teen my beginsels as Christen om te skei.
Deur: Werk hard10 September 2018 2493 keer gelees
Antwoord
Dit is ’n leeftyd dat jy al getroud is. Om op hierdie ouderdom nuut oor jou ingesteldheid hieroor te dink is nie maklik nie. 

Maar as ’n deur aanhoudend voor jou toegemaak word, moet jy weer dink. 

’n Mens klou dikwels aan gedagtes oor aspekte van jou lewe vas omdat dit gerieflike verskonings word.

Daag jouself uit en voer ’n gesprek met ’n Christelike berader oor jou lewe saam met iemand wat jou nie liefhet nie, geen respek vir jou gevoelens het nie en jou talente en vaardighede misbruik sonder dat jy enige erkenning daarvoor kry.

Die feit dat hy nie wil hulp kry nie, moet jou nie keer om hulp te kry nie.

Soek jou antwoorde waar dit vir jou saak maak en by ’n klankbord wat dieselfde taal as jy praat.
20 Oktober 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
20 Junie 2019 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
Ek is mal oor die buitelewe,lief vir kosmaak en voor n vuur sit met n glas wyn.L
Ek is mal oor die buitelewe,lief vir kosmaak en voor n vuur sit met n glas wyn.L
Lag baie en geniet die lewe, kyk ook goed na myself en lief om elke oggend op die strand te gaan stap. Ek is baie lief vir reis, en soek iemand wat dit saam my kan doen. Ek is n...
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE