Vraag: JALOERSE KÊREL WIL BAASSPEEL

Ek en my kêrel is al vier maande in ’n verhouding. In die afgelope maand het hy baie jaloers en besitlik geraak. Dis amper te erg.

Ek kom agter hy vertrou my nie eintlik nie. Ek mag byvoorbeeld nie met ander ouens praat nie. Hy beskuldig my ook van goed waaraan ek onskuldig is.

Hy sê vir my wat ek mag en nie mag doen nie en ook wat ek mag en nie mag aantrek nie. Ons baklei omtrent elke dag. Wat moet ek doen? 

Deur: JK op W21 Augustus 2018 1365 keer gelees
Antwoord

Obsessiewe jaloesie is die werktuig waarmee ’n beheervraat jou in ’n verhouding wil manipuleer. Dit is nie ’n romantiese uitdrukking van liefde en omgee nie; dit is ’n selfsugtige emosie waarmee ’n lewensmaat sy eie onsekerheid wil besweer.

Jy is niemand se handpop en hy jou poppemeester nie. Jy is ’n vrou wat werd is om bemin en gekoester te word.

Met ’n maat wat pal ’n diepgroen baadjie van besitlikheid dra, kan ’n mens se gesonde emosies nie tot wasdom kom nie. Sulke ongesonde jaloesie is ook ’n teken van oorafhanklikheid en ’n wankelmoedige basis vir enige verhouding.

Met soveel dwang om jou lewe volgens hom in te rig kan jy nie selfvervulling vind nie. Sulke beheersug is eindelik gif vir enige verhouding. Mettertyd lei hierdie soort jaloesie ook tot afsondering.

Hy kan jou selfs van jou vriende en familie vervreem omdat hy jou vir homself wil hê. Dit kan ook op emosionele en liggaamlike mishandeling uitloop. Moenie dié waarskuwingstekens ignoreer nie. Beëindig die verhouding dadelik.

26 September 2018
Kyk in die indeks van onderwerpe om vas te stel of jou vraag nie reeds beantwoord is nie. Liewe Elize kan ongelukkig nie alle vrae beantwoord nie. Van die lesersvrae sal ook in Huisgenoot-tydskrif verskyn en daar beantwoord word.
5 Maart 2020 Jongste uitgawe

Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.

TEKEN IN
Nuusbrief & kosnuusbrief

Teken in vir ons daaglikse nuusbrief & weeklikse kosnuusbrief!

TEKEN IN
Pasmaats
LEWE vir die oomblik en geniet alles wat jy doen!
LEWE vir die oomblik en geniet alles wat jy doen!
Is nog baie jonk van gees en aktief en wil dinge doen en geniet saam met n baie spesiale persoon. Passievol, opreg, eerlik en hou daarvan om te bederf.
Besigtig profiel
Ons wil jou storie hoor
Het jy 'n storie van hoop, 'n besondere lewensles, 'n vreemde ervaring, lekkerlag-staaltjie of sommer net iets wat jy op die hart het.
DEEL JOU STORIE